Maroela Media Net nog enetjie

Net nog enetjie

Kom elke week saam vir 'n bier na werk en nuuspraatjies saam met Christel, Connie en Nico.
Aanbieders: Christel Cornelissen, Connie Mulder en Nico Strydom.
"Net nog enetjie" word vervaardig deur Maroela Media.
Weekly Afrikaans South Africa News Commentary · News
26 Episodes
1 – 20

‘Net nog enetjie’ | Die ANC se innerlike konflik oor Bela | Ep. 25

Sommiges in die ANC is kwaad oor dié ooreenkoms. Sommiges ontken dat daar ooit ʼn ooreenkoms onderteken is en ander baklei sommer net om te baklei. Een man wat verbasend stil bly oor die skikkingsooreenkoms tussen Solidariteit en die regering, is Panyaza Lesufi. Was sy internet dalk die afgelope week…
4 Dec 2024 37 min

'Net nog enetjie' | Die regering skik met Solidariteit oor Bela | Ep.24

In hierdie week se episode van Net nog enetjie gesels Connie Mulder, Christel Cornelissen en Nico Strydom oor die regering en Solidariteit wat geskik het oor die Bela-wetgewing. Die burgerlike samelewing het die afgelope maande met die regering onderhandel om Afrikaanse skole te probeer red – nou het die presidensie…
28 Nov 2024 41 min

‘Net nog enetjie’ | Die polisie ry zama-zama’s se medikasie aan | Ep. 23

In hierdie week se episode van Net nog enetjie gesels Connie Mulder, Christel Cornelissen en Nico Strydom oor die myn-sage wat tans uitspeel in Stilfontein. Daar is honderde (moontlik duisende) onwettige myners wat nou ondergronds vassit. Moet ʼn mens vir hulle jammer voel? Is dit reg dat misdadigers nou vereis…
20 Nov 2024 46 min

‘Net nog enetjie’ | Julius Malema werk deur die vyf fases van rou | Ep. 22

In hierdie week se episode van Net nog enetjie gesels Connie Mulder, Christel Cornelissen en Nico Strydom oor Julius Malema wat deur die vyf fases van rou werk. Iemand moet moontlik vir Malema ʼn “jammer vir jou verlies”-kaartjie stuur, want een vir een loop sy vertrouelinge oor na die MK-party…
12 Nov 2024 37 min

‘Net nog enetjie’ | Die VSA is weer ‘Trump country’ | Ep. 21

Trump is terug en oënskynlik sterker as ooit tevore. Wat gaan Trump se terugkeer na die politiek vir die VSA inhou en hoe lyk die toekoms van die Republikeinse Party na dié oorwinning? Van een oorwinning na ʼn ander. Vandeesweek het sowat 10 000 mense by die Voortrekkermonument deelgeneem aan…
6 Nov 2024 36 min

ActionSA het Brink laat sink | Ep. 16

Het Her-man-sonder-ʼn-plan Mashaba met hierdie stap die spyker op die kop óf in sy eie politieke doodskis geslaan? Hoe pas hierdie politieke struwelinge in by die ongelukkighede op provinsiale vlak in Gauteng en Panyaza Leë-sufi se kruistogte teen wit mense? Terwyl die Tshwane-koalisie struikel moet die ANC ook nog planmaak…
2 Oct 2024 32 min

Is Cilliers Brink werkloos? | Ep. 15

ActionSA se mosie van wantroue in burgemeester Brink-stefaans dien vandeesweek in Tshwane. Gaan ActionSA nog gehang word aan die einste galg wat hulle vir die DA reggemaak het? Intussen het president Ramaphosa en Elon Musk ook gesels. Wat gebeur wanneer 'n buffel 'n robot ontmoet?
26 Sep 2024 37 min

Dop die RNE die Bela-toets? | Ep. 14

Hierdie week is 'Net nog enetjie' net betyds terug vir die RNE se eerste groot toets. President Ramaphosa onderteken uiteindelik die Bela-konsepwet, maar nie sonder geweldige teenstand nie. Verskeie laataandoproepe vind plaas tussen die president, lede van die RNE en die burgerlike samelewing.
19 Sep 2024 36 min

Ep. 10 | ‘Net nog enetjie’ op die voëls in die parlement

Wie het geweet dat Ramaphosa eintlik ’n ywerige voëlkyker is? In sy toespraak het die president gestel dat Suid-Afrika die pad van die sosiale wewer moet volg en saam ’n nes bou eerder as om net te kla soos hadidas of te vreet soos aasvoëls.
24 Jul 2024 36 min

Ep. 9 | ‘Net nog enetjie’ ‘oor’ Donald Trump se sluipmoordpoging

In hierdie week se episode van Net nog enetjie gesels Christel Cornelissen, Nico Strydom en Connie Mulder “oor” die sluipmoordpoging op oudpresident Donald Trump van Amerika. Hoekom is Amerikaners só kwaad dat hulle nie net op mekaar skree nie, maar nou ook op mekaar skiet in die politiek?
17 Jul 2024 38 min
1 – 20