
Spreek VSA-tariewe dringend aan: NIPDB
Loading player...
Die Namibiese Beleggingsbevordering en Ontwikkelingsraad het die regering aangemoedig om dringend die kwessie van Amerikaanse tariewe aan te spreek. Terwyl die impak op landbou-produkte gering is omdat daar so min daarvan na die VSA uitgevoer word, word diamante, vis, en boustene geraak. Die bestuurder by die raad, Roberth Simon sê ekonomiese diplomasie en ‘n stabiele handelsraamwerk is nodig. Hy het met OneAfrica gepraat.