
Marquez vat Katar Grand Prix
Loading player...
Die sesmalige MotoGP-wêreldkampioen, Marc Marquez, het sy voorsprong in die motorfietsry-kampioenskap vergroot nadat hy die Katar Grand Prix gewen het. Die Ducati-ryer het met Maverick Vinales van Red Bull KTM Tech3, en Franco Morbidelli van VR46 Racing afgereken. Die Suid-Afrikaner Brad Binder het 13de geëindig op sy Red Bull KTM. Marquez, met sy voorsprong van 17 punte, sê hy is bly om die eerste keer sedert 2014 in Katar koning te kraai: