
Nuwe landbouminister sit prioriteite uiteen
Loading player...
Die landbouministerie het 'n aanvangsvergadering vir die nuwe administrasie aangebied. Die nuwe lynminister, dr. Mac-Albert Hengari, het die personeel toegespreek en gesê president Netumbo Nandi-Ndaitwah het alle ministers beveel om sonder versuim hard te begin werk. Een van die ministerie se fokusareas sal wees om bestaansboere te kommersialiseer en meer ondersteuning aan boere te bied.