Jeug moet ingesluit word by besluitneming: Swapo-LP Tutjavi

Loading player...
Namibië se jongste parlementslid, die 22-jarige Fenny Tutjavi van Swapo, het haar nooienstoespraak in die Nasionale Vergadering gelewer en die behoefte aan selfstandigheid beklemtoon, veral onder die jeug. Sy het 'n beroep gedoen op die insluiting van die jeug in die vorming van hul toekoms, nie liefdadigheid nie. Sy het beklemtoon dat jongmense nie net by besluitneming betrokke moet wees nie, maar die transformasie moet lei, en verandering aandryf wat hul behoeftes en aspirasies weerspieël. Tutjavi is aan die woord.
9 Apr 10AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Karas-streeksraad distansieer hom van Amupanda se aantygings

Streekraadslede en Josef Isaack, die voorsitter van die Karas-streeksraad, het hulle gedistansieer van bewerings deur die Affirmative Repositioning-leier Job Amupanda dat 3 miljoen Namibiese dollar verduister is met die bou van die streeksraad se kantoor op Keetmanshoop. Amupanda het die bewering in die parlement gemaak. Kosmos 94.1 Nuus het met…
14 Apr 3AM 1 min

Marquez vat Katar Grand Prix

Die sesmalige MotoGP-wêreldkampioen, Marc Marquez, het sy voorsprong in die motorfietsry-kampioenskap vergroot nadat hy die Katar Grand Prix gewen het. Die Ducati-ryer het met Maverick Vinales van Red Bull KTM Tech3, en Franco Morbidelli van VR46 Racing afgereken. Die Suid-Afrikaner Brad Binder het 13de geëindig op sy Red Bull KTM…
14 Apr 3AM 1 min

Een party kan nie dooiepunt oor BTW oplos nie

Die ANC se sekretaris-generaal, Fikile Mbalula, sê hulle sal hierdie week ʼn ooreenkoms uitwerk met al die partye wat saamstem om die begrotingdooiepunt te verbreek. Die ANC het met alle partye binne en buite die regering van nasionale eenheid beraadslaag om ʼn oplossing vir die dooiepunt te vind. Die BTW-verhoging…
14 Apr 2AM 1 min

Delacour vat SA Vroue Ope

Perrine Delacour van Frankryk het 'n laaste ronde van twee onder 70 aangeteken om die Suid-Afrikaanse Vroue Ope met twee houe te wen by die Erinvale Country and Golf Estate in Kaapstad. Dit is haar tweede Europese Vrouetoer-titel. Suid-Afrika se Casandra Alexander het met haar laaste ronde van 66 tweede…
14 Apr 2AM 1 min

Etosha kry vragmotors

Die omgewingsministerie het onlangs twee vragmotors aan die Etosha Nasionale Park oorhandig om bedrywighede vlotter te laat verloop. Omgewingsminister Indileni Daniel het meer besonderhede tydens die oorhandigingseremonie verskaf:
14 Apr 1AM 1 min