Stad Kaapstad kry kritiek na oorstromings

Loading player...
Die GOOD-party sê dis duidelik die Stad Kaapstad versuim om behoorlik voor te berei vir seisoenale veranderinge. Swaar reën het Dinsdag wydverspreide oorstromings in gebiede soos Athlone, Nyanga, Mfuleni, Gugulethu, en Khayelitsha tot gevolg gehad. GOOD-woordvoerder Siyabulela Mamkeli sê die Departement van Stedelike Mobiliteit se dienslewering is onvoldoende omdat die oorstromings deur verstopte stormwaterdreine veroorsaak word.
9 Apr 8AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Karas-streeksraad distansieer hom van Amupanda se aantygings

Streekraadslede en Josef Isaack, die voorsitter van die Karas-streeksraad, het hulle gedistansieer van bewerings deur die Affirmative Repositioning-leier Job Amupanda dat 3 miljoen Namibiese dollar verduister is met die bou van die streeksraad se kantoor op Keetmanshoop. Amupanda het die bewering in die parlement gemaak. Kosmos 94.1 Nuus het met…
14 Apr 3AM 1 min

Marquez vat Katar Grand Prix

Die sesmalige MotoGP-wêreldkampioen, Marc Marquez, het sy voorsprong in die motorfietsry-kampioenskap vergroot nadat hy die Katar Grand Prix gewen het. Die Ducati-ryer het met Maverick Vinales van Red Bull KTM Tech3, en Franco Morbidelli van VR46 Racing afgereken. Die Suid-Afrikaner Brad Binder het 13de geëindig op sy Red Bull KTM…
14 Apr 3AM 1 min

Een party kan nie dooiepunt oor BTW oplos nie

Die ANC se sekretaris-generaal, Fikile Mbalula, sê hulle sal hierdie week ʼn ooreenkoms uitwerk met al die partye wat saamstem om die begrotingdooiepunt te verbreek. Die ANC het met alle partye binne en buite die regering van nasionale eenheid beraadslaag om ʼn oplossing vir die dooiepunt te vind. Die BTW-verhoging…
14 Apr 2AM 1 min

Delacour vat SA Vroue Ope

Perrine Delacour van Frankryk het 'n laaste ronde van twee onder 70 aangeteken om die Suid-Afrikaanse Vroue Ope met twee houe te wen by die Erinvale Country and Golf Estate in Kaapstad. Dit is haar tweede Europese Vrouetoer-titel. Suid-Afrika se Casandra Alexander het met haar laaste ronde van 66 tweede…
14 Apr 2AM 1 min

Etosha kry vragmotors

Die omgewingsministerie het onlangs twee vragmotors aan die Etosha Nasionale Park oorhandig om bedrywighede vlotter te laat verloop. Omgewingsminister Indileni Daniel het meer besonderhede tydens die oorhandigingseremonie verskaf:
14 Apr 1AM 1 min