
IRR sal met EFF, MK oor BTW vergader
Loading player...
Die Instituut vir Rasseverhoudinge sê hy gaan dié week leiers van die EFF en die MK-party betrek oor alternatiewe vir die omstrede verhoging in BTW. Die IRR sê aangesien sekere partye teen die verhoging gestem het, is dit noodsaaklik om alternatiewe te vind. Makone Maja van die instituut sê een so 'n alternatief is om alle swart ekonomiese bemagtiging-aanbodpremies te staak wat deur die regering betaal word.