
CAN se Baby Navara word voorberei vir Rough N Tough
Loading player...
Die Kankervereniging van Namibië se "Baby Navara", eintlik ‘n Nissan 1400-bakkie, berei voor vir die 2025 Rough N Tough-uitdaging, wat op 15 Mei begin. Hierdie drie-dag-tydren oor 1 000 kilometer in Damaraland ondersteun die Kankervereniging en Palliatiewe Sorg Namibië. Die geleentheid word gereël deur die Baard-familie en het reeds miljoene vir kankerondersteuning ingesamel, en word jaarliks groter. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Rolf Hansen, die Kankervereniging se uitvoerende hoof.