
Tariewe: Trump sê almal smeek by hom, en hy weet hoe om te onderhandel
Loading player...
President Donald Trump van Amerika hou vol sy wêreldwye tariewe is noodsaaklik vir sy ekonomiese visie en werkskepping. Die tariewe is nou in werking en sluit ʼn tarief van 104-persent vir China in, asook heffings op sowat 60 lande wêreldwyd wat Amerika die grootste oortreders noem. Die heffings op hierdie lande wissel van elf- tot 50-persent. Trump het by ʼn geleentheid van die Nasionale Republikeinse Kongreskomitee gesê meer as 50 lande het die Withuis genader en gesmeek om oor laer tariewe te onderhandel: