Die ANC se sekretaris-generaal, Fikile Mbalula, sê hulle sal hierdie week ʼn ooreenkoms uitwerk met al die partye wat saamstem om die begrotingdooiepunt te verbreek. Die ANC het met alle partye binne en buite die regering van nasionale eenheid beraadslaag om ʼn oplossing vir die dooiepunt te vind. Die BTW-verhoging…
Perrine Delacour van Frankryk het 'n laaste ronde van twee onder 70 aangeteken om die Suid-Afrikaanse Vroue Ope met twee houe te wen by die Erinvale Country and Golf Estate in Kaapstad. Dit is haar tweede Europese Vrouetoer-titel. Suid-Afrika se Casandra Alexander het met haar laaste ronde van 66 tweede…
Die omgewingsministerie het onlangs twee vragmotors aan die Etosha Nasionale Park oorhandig om bedrywighede vlotter te laat verloop. Omgewingsminister Indileni Daniel het meer besonderhede tydens die oorhandigingseremonie verskaf:
Die minister van Water en Sanitasie, Pemmy Majodina, doen 'n beroep op gemeenskappe langs die vloedlyn van die Bloemhofdam om te ontruim aangesien nog water uit die dam vrygelaat gaan word. Dit is om die swaar invloei van die boonste opvanggebiede te beheer. Majodina het bewerings die nek in geslaan…
Die Giraffe Conservation Foundation is tans besig met ‘n studie oor die laer-ledemate van kameelperde om die versorging van dié diere in dieretuine en bewaringsprogramme wêreldwyd te bevorder. Hulle benodig egter hulp van die boere. Kosmos 94.1 Nuus het met Stephanie Fennessy, die uitvoerende direkteur en stigter die Giraffe Conservation…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.