
VN verwerp Israel se voorstel vir hulp aan Gaza
Loading player...
Die Verenigde Nasies se sekretaris-generaal, António Guterres, het ʼn nuwe voorstel van Israel om aflewerings in Gaza te beheer, verwerp. Hy sê as hulp opraak, begin die grusaamheid van voor af. Sedert 2 Maart is geen hulp in die Palestynse gebied met sowat 2,1-miljoen mense afgelewer nie. Israel sê hy gaan nie toelaat dat goedere en voorrade in Gaza afgelewer word voordat Hamas al die gyselaars vrylaat nie. Guterres sê Gaza is ʼn slagveld waar burgerlikes sterf: