Die beweging van vee in en uit die Otjimbingwe kommunale gebied word beperk na 'n knopvelsiekte-geval op 2 April bevestig is. Volgens dieregesondheidsregulasies is die gebied onder kwarantyn en alle beeste moet ingeënt word. Verdagte gevalle moet aangemeld word, aangesien knopvelsiekte 'n aanmeldbare siekte is. Kosmos 94.1 Nuus het gesels…
Namibië sal die 11de uitgawe van die Afrika-unie Sportraad se Streek 5 Jeugspele van 4 tot 13 Julie in Windhoek en Swakopmund aanbied. Tydens die bekendstelling van die spele Vrydag het die adjunkminister van sport, Dino Ballotti, die belangrikheid van sport vir president Netumbo Nandi-Ndaitwah se administrasie beklemtoon.
Die Namibiese Mededingingskommissie het 'n openbare konferensie oor die voorgestelde samesmelting van Pep Stores, Big Daddy en JD Financial, sowel as OK Furniture aangebied. Rolspelers en belanghebbendes kon voorleggings oor die voorgestelde samesmelting maak. Die ondernemings se senior advokaat, Jerome Wilson, het die konferensie toegespreek oor die voordele van 'n…
Eerste minister Elijah Ngurare het uitvoerende direkteure aangespoor om onnodige burokrasie uit te skakel en praktiese, proaktiewe bestuur te prioritiseer. Tydens sy eerste vergadering met direkteure het hy beklemtoon dat Namibiërs billike en gehaltediens eis, nie gunste nie. Hy het nepotisme, korrupsie en begunstiging in werwings- en verkrygingsprosesse veroordeel en…
Cosatu sê hy het by miljoene werkers en mense reg oor die wêreld aangesluit om vir 'n demokratiese bestel in Eswatini te vra. Dis vandag die 52ste herdenking van die 1973-dekreet wat politieke partye verban en amptelik alle politieke aktiwiteit in die land verbied. Cosatu-woordvoerder Zanele Sabela sê die vakverbond…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.