Santaco vra aksie na dodelike aanvalle op taxibedryf

Loading player...
Die Suid-Afrikaanse Nasionale Taxi-raad in Gauteng vra vir dringende wetstoepassing na dodelike aanvalle op lede van die taxibedryf in Mabopane, Hartbeespoort, Johannesburg, Sedibeng en Ekurhuleni. Sekretaris van Santaco in Gauteng, Graham Fritz, sê die geweld is verwoestend vir families en gemeenskappe. Hy het die polisie aangemoedig om patrollies en ondersoeke te vermeerder, en het 'n beroep gedoen op die Gautengse Departement van Paaie en Vervoer om konflik oor roetes, wat geweld aanwakker, op te los.
4 Apr 7AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Otjimbingwe kommunale boere kry knopvelsiekte-instruksies

Die beweging van vee in en uit die Otjimbingwe kommunale gebied word beperk na 'n knopvelsiekte-geval op 2 April bevestig is. Volgens dieregesondheidsregulasies is die gebied onder kwarantyn en alle beeste moet ingeënt word. Verdagte gevalle moet aangemeld word, aangesien knopvelsiekte 'n aanmeldbare siekte is. Kosmos 94.1 Nuus het gesels…
12 Apr 6AM 1 min

AU Jeugspele strook met regering se ondersteuning van sport: Balotti

Namibië sal die 11de uitgawe van die Afrika-unie Sportraad se Streek 5 Jeugspele van 4 tot 13 Julie in Windhoek en Swakopmund aanbied. Tydens die bekendstelling van die spele Vrydag het die adjunkminister van sport, Dino Ballotti, die belangrikheid van sport vir president Netumbo Nandi-Ndaitwah se administrasie beklemtoon.
12 Apr 6AM 1 min

Samesmelting van Pep, Big Daddy, OK furniture 'voordelig vir almal'

Die Namibiese Mededingingskommissie het 'n openbare konferensie oor die voorgestelde samesmelting van Pep Stores, Big Daddy en JD Financial, sowel as OK Furniture aangebied. Rolspelers en belanghebbendes kon voorleggings oor die voorgestelde samesmelting maak. Die ondernemings se senior advokaat, Jerome Wilson, het die konferensie toegespreek oor die voordele van 'n…
12 Apr 5AM 1 min

Ngurare lê klem op geen korrupsie, nepotisme in ministeries

Eerste minister Elijah Ngurare het uitvoerende direkteure aangespoor om onnodige burokrasie uit te skakel en praktiese, proaktiewe bestuur te prioritiseer. Tydens sy eerste vergadering met direkteure het hy beklemtoon dat Namibiërs billike en gehaltediens eis, nie gunste nie. Hy het nepotisme, korrupsie en begunstiging in werwings- en verkrygingsprosesse veroordeel en…
12 Apr 4AM 1 min

Cosatu, internasionale vakbonde vra demokrasie in Eswatini

Cosatu sê hy het by miljoene werkers en mense reg oor die wêreld aangesluit om vir 'n demokratiese bestel in Eswatini te vra. Dis vandag die 52ste herdenking van die 1973-dekreet wat politieke partye verban en amptelik alle politieke aktiwiteit in die land verbied. Cosatu-woordvoerder Zanele Sabela sê die vakverbond…
12 Apr 4AM 1 min