
Malaria teister Zambezi-streek
Loading player...
Die Zambezi-streek loop erg deur onder 'n malaria-uitbreking, met meer as 2 000 gevalle per week wat net in die sentrale en westelike dele asook Katima Mulilo aangemeld word. Nege sterftes is aangeteken en tot dusver is 412 mense gehospitaliseer. Die Zambezi direkteur van gesondheid, Woita Kapumburu, het by 'n herdenking van wêreld TB-dag in Nakabolelwa gesê hulle het 165 beamptes in diens geneem om die uitbreking te help beveg. Kapumburu brei uit oor die uitdagings.