
Vryheidfront Plus boos oor strenger vuurwapenbeheer
Loading player...
Die Vryheidsfront Plus sê die konsepregulasies oor die besit en gebruik van vuurwapens in die Suid-Afrikaanse sekerheidsbedryf sal landsburgers meer blootstel aan misdaad. Die regulasies is verlede week gepubliseer. Die land se sekerheidsbedryf het in 2023 sowat 2,56-miljoen geregistreerde sekerheidswagte gehad met 586-duisend wat by meer as 12-duisend maatskappye in diens was. Die VF Plus-woordvoerder, Heloïse Denner, sê in teenstelling daarmee het die polisiemag in 2023 slegs 180-duisend lede gehad: