
KKNK: Arnold Vosloo, Elzabé Zietsman herenig op verhoog
Loading player...
Die toneelstuk Liefdesbriewe, met die bekroonde akteurs Arnold Vosloo en Elzabé Zietsman, word tydens die 29ste Klein-Karoo Nasionale Kunstefees opgevoer. Hierdie Afrikaanse verwerking van A.R. Gurney se Love Letters vertel die ontroerende verhaal van Melissa en André, wie se lewenslange verhouding deur vyf dekades se briewe, kaartjies en nota's ontvou. Dit is die eerste keer in dekades dat Vosloo op 'n Suid-Afrikaanse verhoog te sien is, en is ook sy hereniging met Zietsman ná hul laaste samewerking in 1982. Vosloo verduidelik hoekom hy besluit het om deel te wees van die produksie: