
Sokker: Amerika, Brittanje moontlike gashere vir Vroue-wêreldbeker
Loading player...
Fifa-president Gianni Infantino sê Amerika en die Verenigde Koninkryk is moontlike gasheerlande vir die Vroue-wêreldbeker in 2031 en 2035. Amerika is die enigste land wat gebie het vir die 2031-geleentheid, terwyl Engeland, Skotland, Wallis en Noord-Ierland se bod teen Maandag se sperdatum die enigste geldige een vir die 2035-toernooi was. Infantino sê hulle beplan om die Vroue-wêreldbeker teen 2031 tot 48 spanne uit te brei: