Ys smelt teen rekordtempo op Noordpool

Loading player...
Kenners sê die rekord-lae ysbedekking op die see in die Noordpoolgebied is ‘n teken van ʼn klimaatsveranderingkrisis. Arktiese see-ys beslaan tans 14,33-miljoen vierkante kilometer. Dit is die laagste sedert daar 47 jaar gelede met rekordhouding begin is. Julianne Stuva van die Nasionale Sneeu- en Ys-datasentrum sê die hoeveelheid ys op die Arktiese See sal steeds minder raak weens ʼn kombinasie van hoër temperature, warm seewater en die wind wat ys laat opbreek. Sy sê dit word alles aan die klimaatskrisis toegeskryf:
4 Apr 3AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Otjimbingwe kommunale boere kry knopvelsiekte-instruksies

Die beweging van vee in en uit die Otjimbingwe kommunale gebied word beperk na 'n knopvelsiekte-geval op 2 April bevestig is. Volgens dieregesondheidsregulasies is die gebied onder kwarantyn en alle beeste moet ingeënt word. Verdagte gevalle moet aangemeld word, aangesien knopvelsiekte 'n aanmeldbare siekte is. Kosmos 94.1 Nuus het gesels…
12 Apr 6AM 1 min

AU Jeugspele strook met regering se ondersteuning van sport: Balotti

Namibië sal die 11de uitgawe van die Afrika-unie Sportraad se Streek 5 Jeugspele van 4 tot 13 Julie in Windhoek en Swakopmund aanbied. Tydens die bekendstelling van die spele Vrydag het die adjunkminister van sport, Dino Ballotti, die belangrikheid van sport vir president Netumbo Nandi-Ndaitwah se administrasie beklemtoon.
12 Apr 6AM 1 min

Samesmelting van Pep, Big Daddy, OK furniture 'voordelig vir almal'

Die Namibiese Mededingingskommissie het 'n openbare konferensie oor die voorgestelde samesmelting van Pep Stores, Big Daddy en JD Financial, sowel as OK Furniture aangebied. Rolspelers en belanghebbendes kon voorleggings oor die voorgestelde samesmelting maak. Die ondernemings se senior advokaat, Jerome Wilson, het die konferensie toegespreek oor die voordele van 'n…
12 Apr 5AM 1 min

Ngurare lê klem op geen korrupsie, nepotisme in ministeries

Eerste minister Elijah Ngurare het uitvoerende direkteure aangespoor om onnodige burokrasie uit te skakel en praktiese, proaktiewe bestuur te prioritiseer. Tydens sy eerste vergadering met direkteure het hy beklemtoon dat Namibiërs billike en gehaltediens eis, nie gunste nie. Hy het nepotisme, korrupsie en begunstiging in werwings- en verkrygingsprosesse veroordeel en…
12 Apr 4AM 1 min

Cosatu, internasionale vakbonde vra demokrasie in Eswatini

Cosatu sê hy het by miljoene werkers en mense reg oor die wêreld aangesluit om vir 'n demokratiese bestel in Eswatini te vra. Dis vandag die 52ste herdenking van die 1973-dekreet wat politieke partye verban en amptelik alle politieke aktiwiteit in die land verbied. Cosatu-woordvoerder Zanele Sabela sê die vakverbond…
12 Apr 4AM 1 min