Pogings teen wanvoeding word verskerp
Loading player...
Carmen Lethlahogoje, 'n voedingkundige van die Nutrition and Food Security Alliance of Namibia, sê die organisasie verskerp sy pogings om die groeiende kommer van voedselonsekerheid en wanvoeding, veral in kwesbare gemeenskappe, aan te spreek. In 'n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus het sy bygevoeg dat hulle hierdie pogings voortsit as deel van hul voortdurende verbintenis tot die bekamping van wanvoeding regoor Namibië. Lethlahogoje lig verskeie sleutelprojekte uit waaraan die organisasie verlede jaar gewerk het.