Groei in eiendomsmark sal voortduur, maar stadiger

Loading player...
Die plaaslike eiendomsmark begin tekens van 'n oplewing wys. Die gemiddelde huisprys het meer as 1,3 miljoen Namibiese dollar bereik in die derde kwartaal van 2024, volgens FNB se huisprys indeks, 7 persent hoër as 2023 en die hoogste groeikoers sedert 2021. Die sentrale streek het 'n 6,9 persent jaar-tot-jaar styging in huispryse aangeteken, veel hoër as die 2,9 persent groei in die tweede kwartaal. Mandisa Van Wyk, die marknavorsingsbestuurder by FNB, het met Kosmos 94.1 Nuus gesels en sê hulle verwag dat groei sal voortduur, maar stadiger.
18 Jan 3AM Afrikaans Namibia News

Other recent episodes

Nog kritiek teenoor owerhede oor Stilfontein

Die Workers and Socialist-party en die Socialist Youth Movement het die Stilfontein-slagting in Noordwes veroordeel en noem dit 'n staatsondersteunde gruweldaad. Hulle gee die die polisie en die Departement van Minerale en Petroleumbronne die skuld omdat hulle onwettige mynwerkers ondergronds vasgekeer het en sedert Julie verlede jaar reddingspogings geblok het…
18 Jan 4AM 1 min

Internskap-wetgewing, belastingvoordeel nou van krag

Tydens die tertafellegging van die huidige beroting in Februarie verlede jaar, het die finansminister, Ipumbu Shiimi, die internskap belastingaansporing-program aangekondig. Dit wetgewing is bedoel om werkgewers verder aan te moedig om meer interns in diens te neem. Die program sal na raming die regering 126 miljoen Namibiese dollar kos. Die…
18 Jan 2AM 1 min

Lesotho se Lephema loof ekonomiese voordele van hooglandprojek

Die eerste minister van Lesotho, Lebona Lephema, het die bekendstelling van die Lesotho-Hoogland-waterprojek geprys en die ekonomiese en energievoordele daarvan beklemtoon. Die eerste van twee tonnel-boormasjiene sal poog om aandag te skenk aan die wateruitdagings in Gauteng. Die projek, ter waarde van 39 miljard Suid-Afrikaanse rand sal na verwagting in…
18 Jan 2AM 1 min

SA-DBV formuleer klag teen TikTokker

Die Nasionale Raad van DBVs in die buurland sê hy sal strafregtelike aanklagte aanhangig maak teen 'n indiwidu wat in 'n onlangse wydverspreide video alkoholiese drank, vermoedelik bier, in die bek van 'n karp ingooi. Die woordvoerder Jacques Peacock sê die individu, wat die video op TikTok geplaas het as…
18 Jan 1AM 1 min

Stad Whk stel maatreëls bekend oor vloed-gebiede

Die Stad Windhoek het beklemtoon dat die veiligheid van inwoners sy topprioriteit is, veral in die lig van die onlangse oorstromings. Die stad beplan proaktiewe maatreëls om te verseker dat mense hulle nie in die toekoms in vloedgevoelige gebiede vestig nie. Die stad werk daaraan om strenger regulasies af te…
18 Jan 1AM 1 min