AfriForum vra dringende vergadering oor plaasaanvalle
Loading player...
AfriForum het 'n dringende vergadering aangevra met die polisieminister, Senzo Mchunu, om die oplewing in plaasaanvalle hok te slaan. Daar is sedert Desember verlede jaar 33 aanvalle en sewe moorde aangemeld, met van die slagoffers wat gemartel is. Jacques Broodryk van AfriForum sê daar bestaan 'n behoefte aan daadwerklike optrede om landelike gemeenskappe te beskerm en die landbousektor te beveilig. Hy stel verbeterde samewerking met die polisie voor om veiligheidsmaatreëls te versterk.