Jeugraad self is boos oor minister se eensydige aanstelling

Loading player...
Die herrie rondom die aanstelling van ‘n nuwe raad by die Nasionale Jeugraad deur die lynminister Agnes Tjongarero weier om te bedaar. Lede van die jeugraad self maak amok, na ‘n hofbevel bekom is teen Julia Nekwaya van die PDM-jeugliga en William Minnie van die LPM. Maar, ‘n lid van die jeugraad wat verkies was en eensydig ter syde gestel is deur die minister se eie raad, sê hulle eise duur voort. Claudina Shimanda sê hulle het die kantoor van die eerste minister genader en sal dit nie daar los nie.
17 Jan 5AM Afrikaans Namibia News

Other recent episodes

Nog kritiek teenoor owerhede oor Stilfontein

Die Workers and Socialist-party en die Socialist Youth Movement het die Stilfontein-slagting in Noordwes veroordeel en noem dit 'n staatsondersteunde gruweldaad. Hulle gee die die polisie en die Departement van Minerale en Petroleumbronne die skuld omdat hulle onwettige mynwerkers ondergronds vasgekeer het en sedert Julie verlede jaar reddingspogings geblok het…
18 Jan 4AM 1 min

Groei in eiendomsmark sal voortduur, maar stadiger

Die plaaslike eiendomsmark begin tekens van 'n oplewing wys. Die gemiddelde huisprys het meer as 1,3 miljoen Namibiese dollar bereik in die derde kwartaal van 2024, volgens FNB se huisprys indeks, 7 persent hoër as 2023 en die hoogste groeikoers sedert 2021. Die sentrale streek het 'n 6,9 persent jaar-tot-jaar…
18 Jan 3AM 1 min

Internskap-wetgewing, belastingvoordeel nou van krag

Tydens die tertafellegging van die huidige beroting in Februarie verlede jaar, het die finansminister, Ipumbu Shiimi, die internskap belastingaansporing-program aangekondig. Dit wetgewing is bedoel om werkgewers verder aan te moedig om meer interns in diens te neem. Die program sal na raming die regering 126 miljoen Namibiese dollar kos. Die…
18 Jan 2AM 1 min

Lesotho se Lephema loof ekonomiese voordele van hooglandprojek

Die eerste minister van Lesotho, Lebona Lephema, het die bekendstelling van die Lesotho-Hoogland-waterprojek geprys en die ekonomiese en energievoordele daarvan beklemtoon. Die eerste van twee tonnel-boormasjiene sal poog om aandag te skenk aan die wateruitdagings in Gauteng. Die projek, ter waarde van 39 miljard Suid-Afrikaanse rand sal na verwagting in…
18 Jan 2AM 1 min

SA-DBV formuleer klag teen TikTokker

Die Nasionale Raad van DBVs in die buurland sê hy sal strafregtelike aanklagte aanhangig maak teen 'n indiwidu wat in 'n onlangse wydverspreide video alkoholiese drank, vermoedelik bier, in die bek van 'n karp ingooi. Die woordvoerder Jacques Peacock sê die individu, wat die video op TikTok geplaas het as…
18 Jan 1AM 1 min