VRYDAE MET FARREN - Musiek, Roeping en Doel: 'n Geselskap met Ds. Janine Williams

Loading player...
In hierdie episode van Vrydae met Farren, gesels Ds. Farren met Ds. Janine Williams, ’n vrou wat haar passie vir musiek, sielkunde en teologie op ’n unieke manier kombineer. Janine deel haar inspirerende reis wat haar van Amsterdam na New Orleans geneem het, waar sy op musiekverhoë geskyn het en haar liefde vir musiek verder ontwikkel het. Tans is sy betrokke by die VGK Sarepta Dameskoor, waar sy haar musiek en bediening uitleef.

Verder vertel Janine hoe sy haar roeping as direkteur van J9 Coaching uitleef, waar sy mense help om hul Godgegewe doel op aarde te ontdek en die beste weergawe van hulself te wees.

Verwag ’n gesprek vol insigte oor musiek, roeping, en die krag van die menslike gees! Hierdie episode is vir almal wat op soek is na inspirasie om hul doel in die lewe te ontdek.
22 Nov 2024 Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity

Other recent episodes

VRYDAE MET FARREN - Inspirerende Geselskap met TikTok Sensasie Amy Davids

Amy Davids, deel van hoe God altyd goed was in haar lewe, ondanks uitdagings en struikelblokke. In hierdie episode gesels ons oor hoop, volharding en die belangrikheid om jouself te wees. Amy deel haar reis, van haar skooldae tot haar sukses op sosiale media, en hoe sy ander aanmoedig om…
24 Jan 1 hr 06 min