VRYDAE MET FARREN - Die Rol van die Man en Pa in die Gemeenskap met Heinrich Weingard

Loading player...
In hierdie episode van Vrydae met Farren gesels ek met Heinrich Weingard, die uitvoerende voorsitter van Kaapse Forum, oor die belangrikheid van die man en pa se rol in ons gemeenskappe. Ons bespreek die uitdagings wat baie jong mans in vandag se samelewing ervaar, en die groot impak wat 'n pa se teenwoordigheid het op die gesin en die breër gemeenskap. Heinrich deel sy ervarings as vader en mentor en gesels oor die invloed van betrokkenheid, veral in die opwekking van jong mans. Luister in vir 'n insiggewende gesprek oor hoe ons gesinne kan versterk en ons jeug kan bemagtig deur aktiewe en betrokke vaderskap.
27 Dec 2024 Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity

Other recent episodes

VRYDAE MET FARREN - Inspirerende Geselskap met TikTok Sensasie Amy Davids

Amy Davids, deel van hoe God altyd goed was in haar lewe, ondanks uitdagings en struikelblokke. In hierdie episode gesels ons oor hoop, volharding en die belangrikheid om jouself te wees. Amy deel haar reis, van haar skooldae tot haar sukses op sosiale media, en hoe sy ander aanmoedig om…
24 Jan 1 hr 06 min

VRYDAE MET FARREN - Lester Fransman Deel Sy Storie

Skakel in wanneer Ds. Farren saam met Lester Fransman kuier, 'n diaken van VGK Lambertsbaai. Lester deel sy inspirerende reis van hoe die Here sy hele lewe verander het toe hy die diakenbediening aangeneem het. Hy vertel van sy familie, sy liefde vir sy vrou en kinders, en hoe hy…
13 Dec 2024 1 hr 36 min