Heerlikheid

Ontdek weer die heerlikheid van die evangelie. Die fokus is om ‘n meer diepgaande passie vir die Woord van God onder gelowiges te laat opvlam.
Weekly Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity
158 Episodes
60 – 80

Hoe bly ek glo deur die bitter disse van die lewe?

Ervaar jy God se goedheid? Dit is dikwels 'n wilsbesluit wat ons moet neem, om te kies om Sy goedheid te bedink, ondersoek en te smaak,ten spyte van die bitter en suur disse wat die lewe soms uitdeel. Mag die Woord vir jou tot seën wees, want God is goed,…
15 Feb 2024 50 min

Psalm 33: Die Grootheid van God, Sy Sorg, en ons wag...

Daar blyk 'n verband te wees tussen die Grootheid van God, Sy Sorg, en ons wag...maar wat kan dit wees? Beinvloed ons wag op die Here enigsins Sy sorg, of Sy grootheid? Stellig nie, maar tog is daar 'n konneksie van een of ander aard. Luister saam na hierdie kort…
8 Feb 2024 34 min

Psalm 32: Bely en Lewe

Psalm 32 praat van 'Bely en Lewe', dit is, buig voor Vader God se liefde, bely dit wat nie inlyn is met Sy hart en plan vir jou volgens Sy Woord nie, en Lewe! Ervaar Sy Lewe, Sy Heerlikheid, Sy Leiding, en Sy Lewe in oorvloed! Mag die Woord vir…
1 Feb 2024 27 min

Psalm 31: God jou Rots, Skuilplek en Beskermer!

Het jy God se beskerming nodig? Ons almal het...elke dag...dalk is jy tans besig om deur 'n uitdaging te gaan soos nog nooit voorheen nie. Skuil by die Here, bou op Hom as jou Ewige Rots, Hy sal jou nooit in die steek laat nie
25 Jan 2024 36 min

Hoe verander die Here rouklere, na feesklere?

Hoe verander die Here ons rouklere, na feesklere? Is lofsang en aanbidding dalk deel van die proses? Luister saam na Charles en Müller terwyl hul hieroor gesels. Mag die Woord vir jou tot seën wees!
18 Jan 2024 36 min

Die Stem van die Here

Hoe praat die Here met ons? Uiteraard deur Sy Woord, ja; maar is daar ander maniere ook? Luister saam onderwyl Charles van Onselen en Muller Crauwkamp gesels oor enkele aspekte daarvan vanuit die Heerlikheid van Psalm 29. Skakel ook gerus in elke Donderdag 11:05vm-12:00nm op 657AM, of www.radiokansel.co.za vir die…
11 Jan 2024 49 min

Hoor die Here my?

Dawid het Psalm 27 triomfantelik afgesluit met 'Wees sterk, en laat jou hart sterk wees! Ja, wag op die Here', nou vra hy in Psalm 28 'hoor die stem van my smekinge'. Dalk was jy ook al daar? Vol geloof en vertroue op die Here die een oomblik, en dan…
4 Jan 2024 28 min

Psalm 27: Die Here is my Lig en my Redder

Voel jy soms of jy in donkerte gehul is? Die Goeie Nuus is dat Jesus Christus jou Redder en jou Lig is, ten spyte van dit waardeur jy mag loop. Mag hierdie Psalm vir jou tot groot seën wees!
28 Dec 2023 46 min

Psalm 26: Ek is onskuldig

Het jy al, soos Dawid, vir die Here gebid dat reg moet geskied, omrede jy onskuldig is? Luister saam na die oopbreek van die Psalm saam met Charles & Muller. Mag dit jou seën!
21 Dec 2023 47 min

Psalm 25: Maak my u weë bekend

In hierdie Psalm kyk Charles en Müller na die opregte uitroep van Dawid, "Here, leer my u weë!" Hoe ondeurgrondelik is God se weë nie soms vir ons nie? Mag die Psalm jou en my gebed tot die Vader ego, en vir jou tot seën wees.
14 Dec 2023 51 min

Psalm 24 - Wie mag die berg van die Here opgaan?

Voel jy gekwalifiseerd, of gediskwalifiseerd om die berg (troon) van God te nader? Die Woord sê die een Wie se hande rein is, mag. Wat beteken dit vir jou en ons? Luister saam terwyl Charles en Muller hieroor gesels. Mag die Woord vir jou tot seën wees!
7 Dec 2023 50 min

Psalm 23:5 - 'n Voorbereide Tafel van God se guns en oorvloed!

Wat 'n heerlike teenswoordige lewensrealiteit is Psalm 23:5 nie? "U berei die tafel voor my aangesig teenoor my teëstanders; U maak my hoof vet met olie; my beker loop oor". Luister saam onderwyl Charles van Onselen en Müller Crauwkamp die Heerlikheid van Christus uit die Skrif soek en deel
23 Nov 2023 51 min

Psalm 23:2-3: Die Here laat ons neerlê...

Het die Here jou al LAAT neerlê in groen weivelde, en na waters van rus geneem? Wat beteken hierdie gedeelte in Psalm 23? Luister gerus saam, en mag die Lewende Woord vir jou stig en seën!
2 Nov 2023 47 min

Psalm 23:1: Die Here is my Herder, niks sal my ontbreek nie!

Wat beteken hierdie vers vir jou? Het jy al ooit 'herderloos' gevoel? Dalk gebeur daar tans iets in jou lewe wat jou laat twyfel in mense...miskien het jy nog nie die Here as jou persoonlike Herder aangeneem nie? Die goeie nuus is, dit is nooit te laat om dié kosbare…
26 Oct 2023 49 min

Psalm 22:13-32 : God beskerm jou en laat jou hart vir ewig lewe!

In die laaste paar verse van Psalm 22 getuig Dawid triomfantelik van die Goeie Nuus van God se beskerming. Euangelion - euangelion (evangelie - evangelie)! Mag jy ook ons Hemelse Vader se hart van goeie nuus en liefde hieruit optel en mag jou hart (in Hom) vir ewig lewe!
19 Oct 2023 47 min

Psalm 22:7-12 Ek is (voel net soos) 'n Wurm!

Het dié gedagte dalk al jou denke so bietjie laat ontspoor? Hoe jy ook al mag voel, Jesus het dit ook op Hom geneem aan die kruis, en wat Hy sê oor jou, is wat tel. Mag jy opnuut deur Sy Woord, en die Heerlikheid daarvan, versterk en bemoedig word…
12 Oct 2023 49 min
60 – 80