Müller en Heinrich gesels oor Ps 77 met die sentrale tema: om God te vind in 'n plek van groot moeilikheid. Om ons rus in God te vind, waar God weer ons "comfort" kan word
Ps 76 is 'n psalm waar God se soewerenheid gevier word. Müller en Jean Hendricks bespreek die feit dat slegs God gevrees kan word want niemand kan teen Hom staan nie. God kry eer daaruit wanneer Hy sy volk red en die wat teen Hom staan, vernietig word. God is…
Müller en Jean Hendricks gesels oor Ps 75 waar die beskryf word hoe die "horings" van die ongelowiges afgekap sal word en diè van die regverdiges opgelig sal word. Horings is 'n simbool van krag en eer.
Müller en Deon Gerber gesels vanoggend oor Ps 74 wat 'n smeekgebed is, in groot droefheid. 'n Gebed waar God gesmeek word om op te staan en Sy saak te verdedig. Maar tog leer ons 'n belangrike les: om nog steeds God te prys vir die feit dat Hy 'n…
Müller en Annie Crauwcamp gesels vanoggend oor Ps 73 waar ons duidelik sien dat Asaf (skrywer van Ps 73) verbitterd is oor die voorspoed van goddelose mense. Hy het amper sy vertroue in God verloor maar deur na God se waarhede te kyk het dit sy geloof in God versterk
Die Messias se heerskappy is vol genade en geregtigheid vir elke situasie en ons word geroep om 'n Jesus-gevormde lewe te lei. Müller en Freddie Hendricks gesels oor Ps 72 en hoe ons uit Jesus se voorbeeld kan sien hoe Hy situasies sou hanteer het
In God het ons 'n toevlug! Die Psalm digter skryf dat God sy hoop was in sy jeug-jare en God is steeds sy hoop soos hy ouer word. Müller en Arno Van Der Merwe gesels oor Ps 71 wat juis daaroor gaan dat ons in God 'n toevlug het
Ps 70 is 'n Psalm waar ons 'n nood raaksien - 'n hulpkreet om verlos te word van vyande. Müller en Annie Crauwcamp bespreek die tema wat ons tog so goed ken, want ons gaan ook soms deur tye waar ons om God roep om ons vinnig te kom red…
Müller en Freddie Hendriks gesels oor Ps 68 waar aanbidding vir Wie en Wat God is, 'n sentrale punt is. Ons word aangemoedig om God te loof. Ons leer van God se getrouheid veral wanneer ons deur oomblikke van benoudheid gaan.
Die Psalm-digter herinner ons in Ps 66 aan God se verlossing en dit nooi die leser uit om God te aanbid en Sy dade te besing. Müller en sy vrou Annie Crauwcamp gesels oor Ps 66 waar ons aangemoedig word om Hom met blydskap te loof, Sy dade bekend te…
God gee om vir my en vir jou. Nie net is Hy goedhartig nie, maar Hy staan ook die ongelowiges teë en sorg vir Sy volk. Müller Crauwcamp en Deon Gerber gesels oor Ps 65 waar God se hart vir Sy mense duidelik na vore kom
In Ps 64 sien ons hoe Dawid God vra om sy lewe te bewaar teen sy vyande. Charles en Müller Crauwcamp bespreek Ps 64 waar ons herinner word om op God te fokus ten spyte van moeilike tye en in Hom onsself te verbly.
Wat beteken dit om naby God te bly...soms voel ons verwyder van die Here, maar is dit waar? Nooit! Hy is altyd naby ons, selfs al mag ons van tyd tot tyd, voel ons los Sy hand. Charles en Müller Crauwcamp bespreek Ps 63
Dawid begin hierdie Psalm met 'n versoek aan God om sy gebed te verhoor. Muller Crauwcamp gesels vanoggend met Leon Gerber oor Ps 61 waar ons sien dat maak nie saak wat in ons lewens aangaan nie, ons kan altyd tot God roep om hulp
Hoe vind ek my toevlug in God, as my Rots? Toewyding speel 'n groter rol as wat ons dalk dink. God is toegewy aan jou, is jy toegewy aan Hom? Luister saam na hierdie Psalm
Almal van ons beleef by tye onderdrukkende leierskap, of neerhalende bestuur. Hoe hanteer ons dit vanuit 'n Woord, en Heilige Gees, gedrewe perspektief? Mag hierdie Psalm, vir jou tot insig en seën wees
29 Aug 2024
44 min
1 – 20
Agree to storing cookies on your device.
PreferencesAccept all
×
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.