GROOTfm 90.5 Die GROOT brekfis – saam met Ruben en Charonike

Die GROOT brekfis – saam met Ruben en Charonike

is die belangrikste maaltyd van die dag, so maak seker jy begin hom met ‘n GROOT brekfis!
Weekly Afrikaans South Africa Entertainment News · Comedy
1,563 Episodes
920 – 940

#DieGROOTBrekfis Francois van Rensburg - GAAN GROOT

Francois van Rensburg het saam met Arie Opperman 'n splinternuwe liedjie geskryf vir die "Skool met die GROOTSTE Gess" vir 2023 en het op #DieGROOTBrekfis by Ruben en Charonike kom inloer om te gesels oor die liedjie. Luister gerus weer hier as jy dit gemis het.
3 Feb 2023 20 min

#DieGROOTBrekfis - Korrupte verkeerspolisie

Privaat speurder, Mike Bolhuis en Burgemeesterskomiteelid vir Gemeenskapsveiligheid vir die Tshwane-metroraad, Grandi Theunissen, het vanoggend op Die GROOT Brekfis kom gesels oor die stand van korrupsiesake in die Tshwane-metropolisie (TMPD) en hoe jy jouself kan beskerm. Theunissen het ook nommers gedeel, wat die publiek kan gebruik vir enige TMPD klagtes…
2 Feb 2023 31 min

#DieGROOTBrekfis Dirk Herman, Bestuurshoof van Solidariteit.

Solidariteit sê dat die 18,65%-kragtariefverhoging niks anders is as ʼn beloning vir Eskom se wanprestasie nie. Eskom kry basies die groen lig om met sy wanbesteding en korrupte aksies voort te gaan om kaders onder die dekmantel van SEB te verryk, terwyl verbruikers aanhoudend aan die kortste end trek. Solidariteit…
31 Jan 2023 29 min

#DieGROOTBrekfis - Die GROOT Afskud - Vanes-Mari du Toit

As jy inspirasiekort vir jou nuwejaarsvoorneme, hier is dit nou! Ses oorgewig deelnemers wys die vetrolle wie’s baas in die splinternuwe reeks, Die groot afskud. En met die hulp van ’n fiksheidsafrigter, ’n sielkundige en dieetkundige gaan hulle dié reusetaak aanpak soosnog nooit tevore. Dinsdae om 20:00 met heruitsendings op…
27 Jan 2023 22 min

#DieGROOTBrekfis Daryl Johnston

Bugermeesterskomiteelid van nutsdienste en streeksbedrywighede in die stad Tshwane het op #DieGROOTBrekfis by Ruben en Charonike ingeloer om te gesels oor die water tekorte in die stad. Luister gerus weer hier as jy dit gemis het.
25 Jan 2023 8 min

#DieGROOTBrekfis Liezel van der Merwe

Liezel van der Merwe het op #DieGROOTBrekfis by Ruben en Charonike kom inloer om te gesels oor die tema vir 2023 by Intiem "Toewyding". Luister gerus weer hier as jy dit gemis het.
24 Jan 2023 20 min

#DieGROOTBrekfis Rob Hersov

Bekende Entrepreneur en besigheidsman - Rob Hersov - het op #DieGROOTBrekfis gesels oor sy toespraak "Voetsek ANC" en nog menings gedeel oor SA se huidige stand van sake in die politiek, Eskom en vele meer. Luister gerus weer hier as jy dit gemis het.
18 Jan 2023 33 min
920 – 940