OFM OFM Agri Hour

OFM Agri Hour

The Agri Hour with Gerben van Niekerk is OFM's flagship agriculture programme. Tune in, weekdays 5 - 6am.
Daily English South Africa Business News · Business
5,412 Episodes
780 – 800

KI ingespan vir beter varkteling

Kunsmatige intelligensie en groot data word ook aangewend in varkproduksie veral as dit by seleksie kom. Irmarie Taljaard van The Pig Improvement Company het by TLUSA se onlangse jongboere kongres in Pretoria meer besonderhede gegee oor hoe kamerastelsels ingespan word om beter produksie besluite te neem.
20 Mar 2024 11PM 4 min

Droogte, hitte belemmer sojaoes

Met die oog op die sojaboonoes, ’n kritieke gewas vir produsente in die Vrystaat en Noordwes, is daar gemengde reaksie op vanjaar se opbrengsverwagting, ná wydverpreide droogte- en hitte toetstande.
19 Mar 2024 11PM 3 min

Dr. Johnny van der Merwe - Vleispryse

Dr. Johnny van der Merwe, bekende landbou-ekonoom gee die jongste vleispryse en tendense en vergelyk oudergewoonte die rand/dollar wisselkoers, asook die jongste oliepryse.
19 Mar 2024 11PM 5 min

Graan SA HUB bemoedig graanboere

‘n Spesiale boodskap van Agri SA hoof-uitvoerende beampte, Johann Kotzé. Hy het boere by Graan SA se onlangse kongres bemoedig wat onder die droogte gebuk gaan.
17 Mar 2024 11PM 5 min

Koalisieregerings bied geleenthede

Leierskap in die graansektor is versigtig optimisties oor Suid-Afrika se komende verkiesings. Graan SA se uitvoerende hoof, Tobias Doyer het tydens 'n media-inligtingsessie by die organisasie se onlangse kongres buite Bothaville gesê dat hy tot dusver nie aanduidings gesien het van probleme wat op die landbousektor afstuur nie.
17 Mar 2024 8AM 2 min

Henneman en Ventersburg boerevereniging vergadering terugvoer

Die Henneman en Ventersburg boerevereniging in die Vrystaat is hoopvol dat ‘n oplossing wel gevind kan word vir hul landelike polisie patrolleringsprobleme al het intervensie en terugvoervergaderings nog nie vrugte afgewerp het nie. Voorsitter TP Theron vertel dat produsente teen eie koste ‘n kamerastelsel in die gebied opgerig het om…
15 Mar 2024 2AM 3 min

Landbank reik uit na produsente

Die regering erken hul tekortkomings en bied hernude toewyding aan produsente om die nodige bystand te verleen. Landbank voorsitter Rethabile Nkosi het vandeesweek die Graan SA kongres buite Bothaville in die Vrystaat lukraak toegespreek na gesprekke met produsente op die grond…
15 Mar 2024 12AM 3 min

Graan SA vra regering om in te gryp met rampfonds vir droogte

Met finansiële druk wat toeneem as gevolg van verlaagde opbrengste en stygende produksiekoste, doen die Suid-Afrikaanse graanbedryf 'n dringende beroep op die regering vir ondersteuning en bystand om die las op produsente te verlig. Tobias Doyer, Graan SA HUB, het tydens 'n mediakonferensie by die organisasie se jaarkongres gepraat.
13 Mar 2024 2PM 1 min

Graan SA lede doen oproep vir rampfonds

Lede van Graan SA het Woensdag (13 Maart 2024) aan die organisasie se jaarkongres gevra om ondersoek na 'n rampfonds in te stel na gelang van die droogte.
13 Mar 2024 2PM 4 min
780 – 800