
Koalisieregerings bied geleenthede
Loading player...
Leierskap in die graansektor is versigtig optimisties oor Suid-Afrika se komende verkiesings. Graan SA se uitvoerende hoof, Tobias Doyer het tydens 'n media-inligtingsessie by die organisasie se onlangse kongres buite Bothaville gesê dat hy tot dusver nie aanduidings gesien het van probleme wat op die landbousektor afstuur nie.