
Henneman en Ventersburg boerevereniging vergadering terugvoer
Loading player...
Die Henneman en Ventersburg boerevereniging in die Vrystaat is hoopvol dat ‘n oplossing wel gevind kan word vir hul landelike polisie patrolleringsprobleme al het intervensie en terugvoervergaderings nog nie vrugte afgewerp het nie. Voorsitter TP Theron vertel dat produsente teen eie koste ‘n kamerastelsel in die gebied opgerig het om misdaad te probeer bekamp, maar die polisie kan nie op die inligting reageer as hulle nie voertuie beskikbaar het nie.