OFM OFM Agri Hour

OFM Agri Hour

The Agri Hour with Gerben van Niekerk is OFM's flagship agriculture programme. Tune in, weekdays 5 - 6am.
Daily English South Africa Business News · Business
5,401 Episodes
340 – 360

Boere is leiers

'n Voormalige AgriSA-president, Japie Grobler, deel 'n spesiale boodskap met landbouers na aanleiding van sy toespraak tydens AgriSA se jaarkongres in Kaapstad.
9 Oct 2024 11PM 2 min

SA avo’s in China: Nuwe handelsmoontlikhede vir produsente

Die eerste verskeping van 21 210 kg vars Suid-Afrikaanse avokado’s het onlangs in Shanghai aangekom. Dit volg nadat ’n fitosanitêre protokol tussen Suid-Afrika en China verlede jaar onderteken is. Wu Peng, die sewende Chinese ambassadeur in Suid-Afrika, het gesê dat besendings soos hierdie belangrik is om die groei van bilaterale…
9 Oct 2024 11PM 2 min

“Blou Bybel” bring nuwe riglyne vir finansiële bestuur in landbou

Die jongste uitgawe van Finance and Farm Management, ’n gesogte handleiding wat dikwels in die landboukringe as die "Blou Bybel" bekend staan, se sewende uitgawe is onlangs bekend gestel. OFM Agri se Robyn Schutte het met Brendan Jacobs, die hoof van agribesigheid by Standard Bank, gesels oor die boek wat…
8 Oct 2024 11PM 14 min

Verwagte weer vir plantseisoen: ’n Uitdagende begin

OFM Agri se Robyn Schutte het onlangs met onafhanklike weerkundige Johan van der Berg gesels oor die verwagte weerpatrone vir die komende plantseisoen in die somer-reënstreek, veral in die Vrystaat, Noord-Kaap en Noord-Wes.
7 Oct 2024 6AM 4 min

NAMPO Park gereed vir Alfa ekspo

Het jy al planne gemaak om NAMPO Alfa te besoek? OFM Inhoudsbestuurder, Elzette Boucher-Kruger, gesels met Graan SA se Bennie Saayman om meer oor die geleentheid uit te vind.
3 Oct 2024 11PM 5 min

Skaapgesondheid en wolpryse

Oudergewoonte op ‘n Vrydag gesels Johan Gunter met OVK se John Melville oor skaapgesondheid en Zinande Geyer het die jongste vanaf die wolkantoor…
3 Oct 2024 11PM 5 min

Mashatile beywer vir beleggings in landbou tydens Suid-Afrika-beleggingsweek in Londen

Adjunkpresident Paul Mashatile lê tans ’n besoek aan Londen af vir die Suid-Afrika-beleggingsweek by die Londense aandelebeurs. Die fokus van sy besoek is om landbouhandel, belegging en vennootskappe tussen Suid-Afrika en die Verenigde Koningkryk te versterk. Hierdie inisiatief is 'n belangrike stap vorentoe vir die Suid-Afrikaanse agri-sektor, aangesien Suid-Afrika poog…
2 Oct 2024 11PM 3 min

NAMPO Alfa vandeesmaand buite Bothaville

Een van die groot hoogtepunte van die landbou-kalender vind vandeesmaand in Sentraal SA plaas. OFM Inhoudsbestuurder, Elzette Boucher-Kurger, het meer besonderhede oor vanjaar se NAMPO Alfa…
1 Oct 2024 11PM 5 min

Jong Vrystaatse landbouers deel knelpunte

Verlede week het die Mangaung Metro jong landbouers in die distrik uitgenooi om knelpunte in die bedryf te bespreek. OFM Agri se Robyn Schutte het met voorsitter van die portefeuljekommitee vir Landelike en ekonomiese ontwikkeling, klein sakeondernemings, sport, kuns en kultuur, Meneer Zama Sigwebela gesels in die aanloop to vanaand…
1 Oct 2024 11PM 2 min

Landbouminister bespreek hersiening van Landbou- en Landbouverwerkingsmeesterplan

In ‘n onderhoud met Engineering News & Mining Weekly bespreek Minsiter van landbou John Steenhuisen die hersiening van die Landbou- en Landbouverwerkingsmeesterplan. Hy beantwoord belangrike vrae oor watter dele van die plan werk, waar verbeteringe nodig is, en hoe dit kan help om waardekettings te laat groei en uitvoermarkte uit…
30 Sep 2024 11PM 6 min

Somergraan- en oliesadeproduksie-voorspelling 2023/24: 'n Afname in lewering en oes

Suid-Afrika is op sy agtste somergraan- en oliesadeproduksieskatting vir die 2023/24-seisoen. Aangesien ons aan die einde van die seisoen is en binnekort in die optimale plantvenster vir die 2024/25-produksieseisoen vanaf middel Oktober sal wees, was kenners van mening dat daar geen groot hersienings van die produksiesyfers op hierdie laat stadium…
30 Sep 2024 9AM 6 min

Graanprodusente blink uit ten spyte van moeilike jaar

Graanprodusente van die sentrale streek het ook geskitter tydens die Groei vir Goud-opbrengskompetisie, ondanks die droogte wat baie oeste gekelder het. Corné Louw, hoof van toegepaste ekonomie by Graan SA, tydens die prysuitdeling in Johannesburg gesê die kompetisie het steeds boere gelok wat daarin geslaag het om indrukwekkende opbrengste te…
29 Sep 2024 11PM 5 min
340 – 360