Somergraan- en oliesadeproduksie-voorspelling 2023/24: 'n Afname in lewering en oes

Loading player...
Suid-Afrika is op sy agtste somergraan- en oliesadeproduksieskatting vir die 2023/24-seisoen. Aangesien ons aan die einde van die seisoen is en binnekort in die optimale plantvenster vir die 2024/25-produksieseisoen vanaf middel Oktober sal wees, was kenners van mening dat daar geen groot hersienings van die produksiesyfers op hierdie laat stadium sou wees nie. Agbiz hoofekonoom, Wandile Sihlobo, verduidelik egter dat ons nie 'n tipiese seisoen agter die rug het nie, en die laer produsentelewerings wat die afgelope paar weke waargeneem was, nie net 'n funksie van opberging op die plaas is nie, maar van 'n swak oes.
30 Sep 2024 9AM English South Africa Business News · Business

Other recent episodes

Studie oor polisiekorrupsie: Deel 1

Vandag staan OFM Agri ‘n bietjie stil by navorsing wat gedoen is rondom polisie korrupsie, wat die persepsies rondom dit is asook die invloed wat dit op gemeenskappe het. OFM Inhoudsbestuurder Elzette Boucher-Kruger gesels met een van die navorsers, dr. Kobus Schwartz oor wat presies die studie behels het…
21 Apr 11PM 4 min

Appelbedryf vier 363 jaar

Op 17 April 1662, is die eerste twee ryp Suid-Afrikaanse appels – Wijnappels – in die Kompanjiestuin gepluk. Hierdie historiese oomblik, deur Jan van Riebeeck aangeteken, het die appelbedryf in Suid-Afrika laat ontkiem. Tru-Cape, die grootste bemarker van appels en pere in die land, herdenk jaarliks dié mylpaal. Roelf Pienaar,…
21 Apr 1AM 1 min

What's new in Farmer's Weekly - 25 April edition

Sindira Chetty, digital editor of Farmer’s Weekly, shares highlights of the latest edition, now in store. You can read more online at farmersweekly.co.za and follow them on social media.
17 Apr 10PM 2 min