
Mike Loutfie-stigting gee hoop
Loading player...
Die Mike Loutfie-stigting is betrokke by pogings om Covid-19-voedseltekorte oor die land heen hok te slaan. Dié stigting werk nou saam met Agri SA in dié verband. R1 miljoen is aan die kunsmisgroep, Yara Africa, geskenk om kwesbare gemeenskappe by te staan. Dié stigting het in samewerking met die RSA-markagentgroep en Agri SA se affiliaat, Vrystaat Landbou, onlangs 800 kospakkies by die Bloemfonteinse varsproduktemark aan begunstigdes verskaf. 'n Groente-projek is ook by die Kopano-stentrum vir gestremdes van stapel gestuur. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met Zani Kunz, uitvoerende direkteur van dié stigting gepraat...