
SA landbou-uitvoere neem steeds toe
Loading player...
Suid-Afrika se landbou-uitvoer het in 2024 ’n nuwe rekord van US$13,7 miljard bereik, ’n toename van 3% teenoor die vorige jaar, volgens data van Trade Map. Wandile Sihlobo, die landbousakekamer Agbiz se hoofekonoom, meen hierdie groei is ten spyte van die midsomerdroogte wat graan- en oliesaadproduksie geraak het.