SA: 76 moorde elke dag

Loading player...
RISE Mzansi erken daar is 'n afname in geweldsmisdaad, maar bly bekommerd oor die voortgesette hoë misdaadsyfers. Daar was tussen Oktober en Desember verlede jaar 6 953 moorde en 11 803 aangetekende verkragtings, wat neerkom op 'n gemiddeld van 76 moorde en 129 verkragtings elke dag. Makashule Gana van die party vra die verdriedubbeling van skuldigbevindings in verkragtingsake en sê aandag moet gegee word aan maatskaplike bydraers tot misdaad:
22 Feb 5AM Afrikaans Namibia News

Other recent episodes

Ekonomiese opbloei vir Swakop

Die Erongo-streek kan beduidende ekonomiese groei verwag in die komende maande en jare. 'n Belangrike ontwikkeling is die nuutgeboude waterstof-hervullingstasie in Walvisbaai. Daar is ook vooruitsigte vir twee olieraffinaderye in die hawedorp. Intussen het Swakopmund meer bouplanne in verskeie maande verlede jaar goedgekeur as Windhoek, wat op 'n konstruksie-oplewing dui…
22 Feb 5AM 1 min

DA soek ondersoek na hospitaal

Die DA in Gauteng vra 'n ondersoek oor moontlike politieke bande met die vermorsing van 500 miljoen rand vir die opknapping van die Anglo Ashanti-hospitaal. Die Spesiale Tribunaal het die huurooreenkoms tersyde gestel en dit ongrondwetlik en onregmatig verklaar. Die Spesiale Ondersoekeenheid is besig om 93 miljoen rand wat aan…
22 Feb 4AM 1 min

Dodelike vloede in KwaZulu-Natal

Die KwaZulu-Natalse LUR vir Samewerkende Regering en Tradisionele Sake, Thulasizwe Buthelezi, versoek inwoners om waaksaam te bly aangesien daar na voortgesette swaar reën steeds vloedrisiko’s in die provinsie bestaan. Sewe sterftes is vandeesweek aangemeld, met ses in eThekwini weens modderstortings, terwyl 'n jong leerder deur vloedwater in eShoba meegesleur is…
22 Feb 3AM 1 min

Reusevonds kokaïen op OR Tambo

Twee Suid-Afrikaanse burgers is vir dwelmhandel by OR Tambo Internasionale Lughawe gearresteer en die polisie het op kokaïen ter waarde van 7,5 miljoen rand beslag gelê. SAPD-woordvoerder, Amanda van Wyk, het bevestig die verdagtes, 'n man en 'n vrou, het afsonderlik vanuit Brasilië aangekom. Sy het bevestig albei is van…
22 Feb 12AM 1 min

Copps 94.1: Gewapende roof op koppie in Windhoek

‘n Gewapende roof, huisbraak en openbare onderonsies het gisteraand die misdaadtoneel in Windhoek oorheers. Francois Lottering, deel van die Copps 94.1-span wat Vrydagaande die hoofstad met ‘n arendsoog dophou, doen verslag.
21 Feb 10PM 1 min