Al Namibië se moedertale is kosbaar

Loading player...
Namibië het meer as 20 erkende tale, waarvan ongeveer 17 verskillende tale in die Noorde alleen gepraat word. Terwyl ons Moedertaaldag vier, word 'n mens herinner aan die uiteenlopende kulture in die land. Kosmos 94.1 Nuus het met Afrikaanse dosent Petronella Genis gepraat, wat spesialiseer in die onderrig van beginner Afrikaans by Unam.
21 Feb 10AM Afrikaans Namibia News

Other recent episodes

Dodelike vloede in KwaZulu-Natal

Die KwaZulu-Natalse LUR vir Samewerkende Regering en Tradisionele Sake, Thulasizwe Buthelezi, versoek inwoners om waaksaam te bly aangesien daar na voortgesette swaar reën steeds vloedrisiko’s in die provinsie bestaan. Sewe sterftes is vandeesweek aangemeld, met ses in eThekwini weens modderstortings, terwyl 'n jong leerder deur vloedwater in eShoba meegesleur is…
22 Feb 3AM 1 min

Reusevonds kokaïen op OR Tambo

Twee Suid-Afrikaanse burgers is vir dwelmhandel by OR Tambo Internasionale Lughawe gearresteer en die polisie het op kokaïen ter waarde van 7,5 miljoen rand beslag gelê. SAPD-woordvoerder, Amanda van Wyk, het bevestig die verdagtes, 'n man en 'n vrou, het afsonderlik vanuit Brasilië aangekom. Sy het bevestig albei is van…
22 Feb 12AM 1 min

Copps 94.1: Gewapende roof op koppie in Windhoek

‘n Gewapende roof, huisbraak en openbare onderonsies het gisteraand die misdaadtoneel in Windhoek oorheers. Francois Lottering, deel van die Copps 94.1-span wat Vrydagaande die hoofstad met ‘n arendsoog dophou, doen verslag.
21 Feb 10PM 1 min

Tiener-selfdood styg kommerwekkend

Die gesondheidsdepartement in Stad Kaapstad sê hy is diep bekommerd omdat tienerselfdood elke jaar meer voorkom in Suid-Afrika. Die Suid-Afrikaanse Depressie- en Angsgroep het berig ongeveer nege-persent van alle tienersterftes is weens selfdood. Die burgemeesterskomiteelid vir Gemeenskapsdienste en Gesondheid, Francine Higham, sê selfdood is die derde hoogste onnatuurlike jeug-sterftesyfer tussen…
21 Feb 11AM 1 min

Trump bevestig nie G20-bywoning, sê SA gevaarlike plek

Die Amerikaanse president, Donald Trump, se bywoning van die G20-beraad in Suid-Afrika in November bly onseker te midde van groeiende diplomatieke spanning. Amerika het ook befondsing aan Suid-Afrika gestaak. Die land se minister van Finansies, Scott Bessent, en minister van Buitelandse Sake, Marco Rubio, gaan nie G20-vergaderings bywoon nie, maar…
21 Feb 11AM 1 min