
Nee wat, geen pad terug na glorie vir PDM: kenner
Loading player...
Die PDM, gelei deur McHenry Venaani, het 'n beduidende verlies van 11 setels in die 2024 verkiesings gely, asook sy status as amptelike opposisie. Die IPC is die nuwe amptelike opposisie en betwis aspekte van die Nasionale Vergadering- en presidentsverkiesings in die hof. Daar word bespiegel of die uitslag van die hofsake kan beteken dat die PDM sy posisie herwin. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met die politieke ontleder Rui Tyitende.