Hollywood-veiling wil LA-brandslagoffers help

Loading player...
'n Baanbrekende veiling van ikoniese verhoog- en skerm-voorkomste in Hollywood, Give A Frock LA, aanvaar aanlyn aanbiedings tot Dinsdag. Dit staan onder leiding van die bekende stilis, Lindsey Hartman, en is daarop gemik om fondse in te samel vir diegene wat deur die veldbrande in Los Angeles geraak is. Bekendes soos Cher, Pamela Anderson, Charli XCX, Kelly Rowland, Olivia Rodrigo en Sabrina Carpenter het uitrustings geskenk. Hartman sê die veiling is 'n kragtige bewys van die vermaaklikheidsbedryf se verbintenis tot sy gemeenskap.
21 Feb 8AM Afrikaans Namibia News

Other recent episodes

Dodelike vloede in KwaZulu-Natal

Die KwaZulu-Natalse LUR vir Samewerkende Regering en Tradisionele Sake, Thulasizwe Buthelezi, versoek inwoners om waaksaam te bly aangesien daar na voortgesette swaar reën steeds vloedrisiko’s in die provinsie bestaan. Sewe sterftes is vandeesweek aangemeld, met ses in eThekwini weens modderstortings, terwyl 'n jong leerder deur vloedwater in eShoba meegesleur is…
22 Feb 3AM 1 min

Reusevonds kokaïen op OR Tambo

Twee Suid-Afrikaanse burgers is vir dwelmhandel by OR Tambo Internasionale Lughawe gearresteer en die polisie het op kokaïen ter waarde van 7,5 miljoen rand beslag gelê. SAPD-woordvoerder, Amanda van Wyk, het bevestig die verdagtes, 'n man en 'n vrou, het afsonderlik vanuit Brasilië aangekom. Sy het bevestig albei is van…
22 Feb 12AM 1 min

Copps 94.1: Gewapende roof op koppie in Windhoek

‘n Gewapende roof, huisbraak en openbare onderonsies het gisteraand die misdaadtoneel in Windhoek oorheers. Francois Lottering, deel van die Copps 94.1-span wat Vrydagaande die hoofstad met ‘n arendsoog dophou, doen verslag.
21 Feb 10PM 1 min

Tiener-selfdood styg kommerwekkend

Die gesondheidsdepartement in Stad Kaapstad sê hy is diep bekommerd omdat tienerselfdood elke jaar meer voorkom in Suid-Afrika. Die Suid-Afrikaanse Depressie- en Angsgroep het berig ongeveer nege-persent van alle tienersterftes is weens selfdood. Die burgemeesterskomiteelid vir Gemeenskapsdienste en Gesondheid, Francine Higham, sê selfdood is die derde hoogste onnatuurlike jeug-sterftesyfer tussen…
21 Feb 11AM 1 min

Trump bevestig nie G20-bywoning, sê SA gevaarlike plek

Die Amerikaanse president, Donald Trump, se bywoning van die G20-beraad in Suid-Afrika in November bly onseker te midde van groeiende diplomatieke spanning. Amerika het ook befondsing aan Suid-Afrika gestaak. Die land se minister van Finansies, Scott Bessent, en minister van Buitelandse Sake, Marco Rubio, gaan nie G20-vergaderings bywoon nie, maar…
21 Feb 11AM 1 min