
Manlike gesondheid: Doen hierdie twee toetse
Loading player...
Mans los hul gesondheid agterweë. Moenie, sê uroloog dr. Brighton Mashava. Hy raai vroue aan om hul mans se testosteroon te laat toets as hul gedrag verander - en nie op te hou tot bepaal wat die oorsaak is nie. Dit kan op ernstige toestande dui. Hy sê mans moet regtig ook op 40 gereeld hul prostate laat toets. "Dit is vir niemand lekker nie, maar dit neem darem minder as vyf sekondes."