Die KwaZulu-Natalse LUR vir Samewerkende Regering en Tradisionele Sake, Thulasizwe Buthelezi, versoek inwoners om waaksaam te bly aangesien daar na voortgesette swaar reën steeds vloedrisiko’s in die provinsie bestaan. Sewe sterftes is vandeesweek aangemeld, met ses in eThekwini weens modderstortings, terwyl 'n jong leerder deur vloedwater in eShoba meegesleur is…
Twee Suid-Afrikaanse burgers is vir dwelmhandel by OR Tambo Internasionale Lughawe gearresteer en die polisie het op kokaïen ter waarde van 7,5 miljoen rand beslag gelê. SAPD-woordvoerder, Amanda van Wyk, het bevestig die verdagtes, 'n man en 'n vrou, het afsonderlik vanuit Brasilië aangekom. Sy het bevestig albei is van…
‘n Gewapende roof, huisbraak en openbare onderonsies het gisteraand die misdaadtoneel in Windhoek oorheers. Francois Lottering, deel van die Copps 94.1-span wat Vrydagaande die hoofstad met ‘n arendsoog dophou, doen verslag.
Die gesondheidsdepartement in Stad Kaapstad sê hy is diep bekommerd omdat tienerselfdood elke jaar meer voorkom in Suid-Afrika. Die Suid-Afrikaanse Depressie- en Angsgroep het berig ongeveer nege-persent van alle tienersterftes is weens selfdood. Die burgemeesterskomiteelid vir Gemeenskapsdienste en Gesondheid, Francine Higham, sê selfdood is die derde hoogste onnatuurlike jeug-sterftesyfer tussen…
Die Amerikaanse president, Donald Trump, se bywoning van die G20-beraad in Suid-Afrika in November bly onseker te midde van groeiende diplomatieke spanning. Amerika het ook befondsing aan Suid-Afrika gestaak. Die land se minister van Finansies, Scott Bessent, en minister van Buitelandse Sake, Marco Rubio, gaan nie G20-vergaderings bywoon nie, maar…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.