
Verligting in energiekrisis help SA se groei
Loading player...
Mancosa sê ná baie jare van stadige ekonomiese groei is daar nou groeiende optimisme dat die Suid-Afrikaanse ekonomie met 1,7-persent sal groei namate die regering strukturele uitdagings aanpak. 'n Akademikus, Stephan van der Westhuizen, sê die energiekrisis wat as gevolg van beurtkrag daagliks ontwrigting veroorsaak het, is nou aansienlik verbeter met Eskom wat vir die eerste keer in byna 'n dekade die elektrisiteitsnetwerk doeltreffend bestuur.