Woord vir Vandag - 18 Feb 2025

Loading player...
“…is aan my ‘n doring in die vlees gegee…” 2 Korintiërs 12:7 NLV
Almal het ‘n doring (1)
Paulus skryf: ‘…Daarom, sodat ek nie hoogmoedig moet word nie, is aan my ‘n doring in die vlees gegee, ‘n boodskapper van Satan om my te kasty. Drie maal het ek die Here gesmeek dat dit my moet verlaat. Hy het egter vir my gesê: ‘My genade is genoeg vir jou, want my krag kom juis in swakheid tot volle verwesenliking.’ Daarom sal ek baie liewer oor my swakhede spog sodat die krag van Christus voortdurend deur my kan werk… want wanneer ek swak is, juis dán is ek sterk’ (verse 7-10 NLV). Paulus se geloof was so sterk dat wanneer hy gebid het, is die siekes genees en die dooies het opgestaan. Tog het hy herhaaldelik tot God gebid om die doring in sy vlees te verwyder, maar God het nee gesê. Hoekom? Om hom nederig en heeltemal afhanklik van God te hou. Ons weet nie wat die doring in Paulus se vlees was nie, maar ons weet hoekom hy dit gehad het: ‘…sodat ek nie hoogmoedig moet word nie…’ (vers 7 NLV), Wanneer God jou ryklik seën, kom die risiko van trots daarmee saam, wat vir God ‘n diskwalifikasie is. As jy al ooit ‘n splinter in jou vinger gehad het, weet jy dat dit met pyn pols en jou konstant irriteer. Kan jy daarmee lewe? Ja. Sal jy eerder nie wil nie? Ja. Let op wat Paulus sê: ‘‘n doring in die vlees [is aan my] gegee.’ Nie net sien hy sy doring as iets wat sy genade ontwikkel nie, maar as ‘n gawe wat twee dinge doen: 1) Ons keer om hoogmoedig te word en ons meer afhanklik van God maak. 2) Ons meer verdraagsaam en genadig maak, omdat almal ‘n doring het.
17 Feb English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 16 April 2025

“I will lead them in paths they have not known.” Isaiah 42:16 NKJV Change your routine As attested by the law of requisite variety, the continued existence of any system requires the ability to cultivate variety in its internal structures. In physical exercise, for example, routines eventually become useless. If…
15 Apr 3 min

Word for Today - 15 April 2025

“Tell the children of Israel to go forward.’” Exodus 14:15 NKJV Fear is the enemy of growth If you want to grow, you need to get over any fear you may have of making mistakes. As author and professor Warren Bennis states, “A mistake is simply another way of doing…
14 Apr 2 min

Woord vir Vandag - 16 April 2025

“...Ek lei hulle op paaie wat vir hulle onbekend is…” Jesaja 42:16 NLV Verander jou roetine Soos die wet van vereiste verskeidenheid getuig, vereis die voortbestaan ​​van enige sisteem die vermoë om verskeidenheid in sy interne strukture te kweek. In fisiese oefening, byvoorbeeld, word roetines uiteindelik nutteloos. As jy elke…
15 Apr 3 min

Woord vir Vandag - 15 April 2025

“…Sê vir die Israeliete hulle moet verder trek.” Eksodus 14:15 AFR83 Vrees is die vyand van groei As jy wil groei, moet jy die vrees om foute te maak, oorkom. Soos die skrywer en professor Warren Bennis dit stel: ‘’n Fout is eenvoudig ‘n ander manier om iets te doen.’…
14 Apr 2 min

Word for Today - 12 April 2025

“For we do not wrestle against flesh and blood.” Ephesians 6:12 NKJV Expect to “wrestle” The new birth brings a new battle between your regenerate spirit and your unregenerate body, which still craves old desires and clings to old proclivities. Paul describes this graphically as a wrestling match. “For we…
12 Apr 3 min