
Taalverskeidenheid
Loading player...
Geen natuurlike taal klink en lyk altyd en oral dieselfde nie. ’n Lewende taal het ’n lewe van sy eie, en ’n lewende taal sonder verskeidenheid is kleurloos en op pad om ’n dooie taal te word. Die woorde wat ons kies, die idiomatiese uitdrukkings en beeldspraak wat ons gebruik, word bepaal deur waar ons is, saam met wie, die aard van die situasie, en die doel van ons kommunikasie.