Woord vir Vandag - 4 Feb 2025
Loading player...
“…Maar hulle het in die dorp Haran oorgebly en hulle daar gevestig.” Genesis 11:31 NLV
Jy kan kies: jou roeping of jou gemak
Die Bybel sê: ‘Tera het sy seun Abram… geneem en uit Ur van die Galdeërs vertrek om na die land Kanaän toe te gaan. Maar hulle het in die dorp Haran oorgebly en hulle daar gevestig’ (vers 31 NLV). ‘n Christelike skrywer merk op: ‘Tera het Abram vir ‘n deel van die reis na Kanaän vergesel, maar toe gestop. Tera en sy familie begin hul verhaal in Ur, die groot sentrum van rykdom en opvoeding en die land van afgode. Dan begin hulle reis, wat deur die stad Haran en dan af na Kanaän loop. Vir Tera, die vader van Abram, het die pad in Haran geëindig. Ons weet nou uit ander gedeeltes in die Bybel dat Haran ‘n stad baie soos Ur was. Daar was baie rykdom. Daar was afgode. Dit mag dalk wees dat Tera by homself gedink het: ‘As ek verder gaan, kan ek dalk alles wat ek het verloor. Ek sal my afgode vir seker moet opgee.’ Dus kies hy gemak. Abram kies egter om ja vir sy roeping te sê.’ Dis ‘n keuse wat jy ook sal moet maak. Jy sal dit ook meer as een keer moet maak. Soos jou omstandighede verander en die seisoene van jou lewe vorder, sal jy moet besluit of jy saam met God die onbekende gaan binnegaan en of jy met die sekuriteit van dit wat jy ken tevrede gaan wees. Tera was tevrede daarmee; Abram het aanbeweeg. Wat gaan jy doen? Jy hoef nie iets te doen om God se liefde en genade te verdien nie; dis gawes van God. Om egter in God se seën te lewe, moet jy jou roeping in plaas van jou gemak kies.