DA teiken kontrakteur weens swak werk

Loading player...
Die DA in Mpumalanga gaan vrae aan Thulasizwe Thomo, die LUR vir Openbare Werke, Paaie en Vervoer, rig om te verduidelik hoekom sy departement aanhou om tenders aan Sizampilo Construction Projects toe te ken. Volgens Teboho Sekaledi, ’n DA-LPW, sluit dit die bou van HOP-huise en skoolopknappings in. Hy sê die maatskappy het 'n twyfelagtige rekord, maar het die afgelope jare 'n aansienlike aantal tenders van die provinsiale regering gekry om verskeie paaie te herseël of te rehabiliteer. Dit is sedertdien aan SANRAL oorhandig vir instandhouding en bestuur, ondanks die miljoene wat bestee is.
29 Jan 2AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

AHEI: Wat is is

Harvard dink nou dat 30 jaar se navorsing aandui dat die Alternative Healthy Eating Index die beste is om te verseker jy word gesond oud. Voedingkundige Anntonette Roux verduidelik.
11 Apr 8AM 9 min

Crux is die Paasfees terug

Die volledige Crux-produksie, uit die pen van Lizaan Barnard, is hierdie Paasfees weer in Mbombela te sien. Sy kuier in die ateljee saam met Klasie Botha en Julia Burger.
10 Apr 8AM 13 min

Nuwe reëls beplan vir sekuriteit se vuurwapens

Omstrede nuwe konsepregulasies oor die besit en gebruik van vuurwapens deur die sekerheidsbedryf is verlede week gepubliseer. Frank Swanepoel van FPS Sekuriteit verduidelik die impak wat die regulasies op die publiek se veiligheid sal hê. Die publiek het tot 25 April om kommentaar daaroor te lewer.
9 Apr 8AM 20 min

Alba Vorster borrel oor van talent

Die jong sangeres, Alba Vorster, het gister in die ateljee kom kuier - en sommer gou 'n liedjie opgeneem by Lowveld Recording Studios. Luister hier na 'n gedeelte van haar kuier saam met die Middag Game Drive.
4 Apr 4AM 10 min

Stel geliefdes se woorde saam in boekvorm

Anné Pretorius het na haar ma se dood haar skryfwerk in 'n boek saamgestel. Sy gesels met Amanda oor hoe sy sedertien ook ander mense gehelp het om dit te doen.
1 Apr 10AM 13 min