
Arrestasie verwelkom van twee met baie dagga
Loading player...
Twee verdagtes is Sondag naby die Kruger Mpumalanga Internasionale Lughawe gearresteer weens die besit van dagga met ‘n geraamde straatwaarde van 1-komma-2-miljoen-Rand. Hul Toyota Quantum is op die R538 deur die Witrivier-blitspatrollie gestop en deursoek. Dit is nagenoeg ‘n ton dagga. Die een, ‘n burger van Eswatini, word ook aangekla van oortreding van die Immigrasiewet. Die LUR vir Gemeenskapsveiligheid, Jackie Macie, het die arrestasies verwelkom. Sy woordvoerder, Zandile Mavuso, sê dwelms het ‘n vernietigende uitwerking op gemeenskappe.