Versnelrenne of sleeprenne of onwettige wedrenne in Nelspruit het die afgelope weke toegeneem. Dit kom baie meer georganiseerd voor as voorheen, en daar is nie te veel wat die owerhede daaromtrent kan doen nie. John Meintjies verduidelik.
Cobus en Doret van der Merwe trou eersdaags weer na 10 jaar - hierdie keer met 'n behoorlike partytjie vir 120 gaste. Hulle deel hul storie met Charles tydens Saterdag Ontbyt.
Harvard dink nou dat 30 jaar se navorsing aandui dat die Alternative Healthy Eating Index die beste is om te verseker jy word gesond oud. Voedingkundige Anntonette Roux verduidelik.
Die volledige Crux-produksie, uit die pen van Lizaan Barnard, is hierdie Paasfees weer in Mbombela te sien. Sy kuier in die ateljee saam met Klasie Botha en Julia Burger.
Omstrede nuwe konsepregulasies oor die besit en gebruik van vuurwapens deur die sekerheidsbedryf is verlede week gepubliseer. Frank Swanepoel van FPS Sekuriteit verduidelik die impak wat die regulasies op die publiek se veiligheid sal hê. Die publiek het tot 25 April om kommentaar daaroor te lewer.
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.