Vrou voor gimnasium in Mbombela doodgeskiet

Loading player...
Die polisie het bevestig ‘n vrou is vanoggend doodgeskiet in die parkeerterrein voor Virgin Active Red in Riverside in Mbombela. Volgens ‘n polisiewoordvoerder, Brigadier Donald Mdhluli, was die 34-jarige vrou ‘n dokter by ‘n openbare hospitaal. Sy het na vermoede om ongeveer half 6 die gimnasium verlaat toe sy verskeie kere geskiet en in die bolyf getref is. Sy is op die toneel dood verklaar. Die motief vir haar moord is in dié stadium onbekend. Twee verdagtes word deur die Polisie gesoek. Geen arrestasies is nog gemaak nie. Enigiemand met inligting is gevra om die Nelspruit speurtakbevelvoerder, Kolonel Thami Mkhaliphi,
te kontak by 082-408-9831.
20 Nov 2024 6AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Robs wen eerste Track & Field

Rob Ferreira se seunspan was die wenners van die nuwe Track & Field SA-kampioenskap. Die atletiekorganiseerder, Stefan van der Merwe, vertel die Middag Game Drive alles.
17 Apr 5AM 13 min

'Drag races' bekommer inwoners toenemend

Versnelrenne of sleeprenne of onwettige wedrenne in Nelspruit het die afgelope weke toegeneem. Dit kom baie meer georganiseerd voor as voorheen, en daar is nie te veel wat die owerhede daaromtrent kan doen nie. John Meintjies verduidelik.
14 Apr 10AM 9 min

Dis hoe ons rol in die Laeveld

Cobus en Doret van der Merwe trou eersdaags weer na 10 jaar - hierdie keer met 'n behoorlike partytjie vir 120 gaste. Hulle deel hul storie met Charles tydens Saterdag Ontbyt.
14 Apr 6AM 10 min

AHEI: Wat is dit

Harvard dink nou dat 30 jaar se navorsing aandui dat die Alternative Healthy Eating Index die beste is om te verseker jy word gesond oud. Voedingkundige Anntonette Roux verduidelik.
11 Apr 8AM 9 min

Crux is die Paasfees terug

Die volledige Crux-produksie, uit die pen van Lizaan Barnard, is hierdie Paasfees weer in Mbombela te sien. Sy kuier in die ateljee saam met Klasie Botha en Julia Burger.
10 Apr 8AM 13 min