Regshulpsentrum bemagtig die San
--:--
Die Regshulpsentrum het 'n vyf-dag veldgebaseerde regshulp-opleidingsprogram begin wat daarop gemik is om San-gemeenskappe te bemagtig deur die bevordering van wetlike kapasiteitsbou en gemeenskapsveiligheid. Die opleiding vind van 19 tot 23 November in Gobabis en Vergenoeg in die Omaheke-streek plaas. Dit vorm deel van 'n reeks intervensies om toegang tot geregtigheid vir gemarginaliseerde gemeenskappe te versterk. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Santos Joas, 'n spanlid van die sentrum se San gemeenskap-bemagtigingsprojek...