Ganja Users of Namibia weier om Shikongo se 'nee' te aanvaar
--:--
Die sekretaris-generaal van die Ganja Users of Namibia, Borro Ndungula sê hulle aanvaar nie die polisiehoof luitenant-generaal Joseph Shikongo se weiering vir hulle vreedsame optog op Menseregtedag op 10 Desember nie. In sy brief aan die sê Shikongo dit is ‘n bedreiging vir die land se soewereiniteit, integriteit, sekuriteit, openbare orde en morele waardes omdat daar buitelanders vanaf Suid-Afrika en Europa spesiaal na die land reis om deel te neem. Ndungula sê hulle het reeds die ombud se kantoor genader.